Weerlig Afleiers

Weerlig afleiers kan huis en gebou eienaars baie geld spaar in die lang termyn. Alhoewel weerlig afleiers nie ‘n direkte weerlig slag kan afweer nie doen dit wel baie keer in die geval van skokgolwe wat deur kom. Dit is en bly die moeite en geld werd. Die gemiddelde skade by ’n gemiddelde huis is R30 000 tot R50 000 as dit deur weerlig getref word.

Benjamin Franklin was die uitvinder van die weerligafleier. Hy het gepoog om sy teorie te toets deur ‘n toringnaald te gebruik wat in Philadelphia opgerig sou word. Terwyl hy gewag het vir die voltooiing van die toring het ander navorsers (Dalibard en De Lors) te Marly, Frankryk die eksperimente uitgevoer wat later as die Philadelphia eksperimente bekend gestaan het soos uiteengesit in Franklin se boek.

Geen weerligbeskermingstelsel kan 100% beskerming bied nie, maar as dit reg geïnstalleer is, kan dit jou risiko grootliks verminder. Die beste manier om jou toerusting te beskerm, is om ‘n goeie gehaalte asook die regte stuwingsafleiers in jou elektriese verdeelbord deur ‘n kundige in die veld te laat installeer.

Dié weerlig afleiers moet volgens die SABS-kode ’n stuwing van 10 000 ampère kan hanteer en behoort minstens tien jaar te hou. Verder kan jy elke kabel wat na jou huis loop, soos die telefoonlyn of  modemlyn, met afsonderlike beskermers laat beveilig.

Gemiddeld is die kans dat ’n gewone huis in Suid-Afrika raak geslaan sal word minder as een keer in 25 jaar. Jou huis word egter tot tien keer per jaar blootgestel aan die gevolge van weerlig. Mense dink jy kry skade as weerlig iets direk raak slaan. ’n Weerligstraal van tot 1km weg kan jou toerusting beskadig.

Share Button